Toyota Hilux – Waarheen volgende?

Where2Next_ver6-02

HOE DIT WERK

Die Toyota Hilux was al die hele wêreld vol. Besoek die bestemmings waar hy was deur op die plekname links van die kaart te kliek. Of kliek op ‘n Hilux op die kaart hieronder. Dit sal jou na ‘n bestemming neem waar jy inligting oor die Hilux en sy reis kan bekom. Dié inligting sal jou help om die vrae onder aan die kaart te beantwoord. Kliek “STUUR” wanneer jy al die vrae beantwoord het.

WAT JY KAN WEN

01prys200NikonMONARCH3-8x42200Eerste prys:
Retoervlugte en twee nagte verblyf vir twee om ’n Toyota-4×4-kursus op die pragtige Klipbokkop by die Paarl in die Wes-Kaap by te woon.
’n Nikon Sport Optics Monarch 8×42 verkyker
’n Fenix Flashlights UC40 flitslig

Tweede prys:
01200prys-FenixUC40-1’n Fenix Flashlights TK35 flitslig
’n Nikon Sport Optics Monarch 8×42 verkyker

Derde prys:
’n Xbox 360 Kinect

BESTEMMINGS

 

02NIKON-Sport-Optics_black_logo

Dis duidelik dat die Hilux, ná meer as 40 jaar as Suid-Afrika se topverkoper-bakkie (en ook heel gereeld die land se topverkoper-voertuig), omtrent elke afgeleë, onherbergsame en godverlate plek op aarde besoek het. Die enigste vraag nou is: Waarheen volgende?

02FENIXLogoBlack

VRAE

Jou naam en van?

Jou epos-adres?

Jou selfoon- of telefoonnommer?

Vraag 1: Het die Hilux die honde geklop?

Vraag 2: In watter jaar het 'n Suid-Afrikaans-geboude Hilux vir die eerste keer aan die Dakar-uithouren deelgeneem?

Vraag 3: Waar is Ejafjallajoekul?

Vraag 4: Waarheen sal jy ry met 'n Hilux en 'n onbeperkte begroting?

REËLS, BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Die wenner en sy of haar metgesel is vir sy/haar eie vervoer na die lughawe verantwoordelik.
  2. Die reëls en inligting van hierdie kompetisieblad maak deel uit van die voorwaardes en bepalings van deelname en inskrywing.
  3. Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes.
  4. Enige persoon wat ‘n direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant is van Media24 of Toyota of van die borge of agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, of ‘n eggenoot, lewensmaat, ouer of familielid (insluitend aangeneem en aangetroud), of
    enige sakevennoot of assosiaat van ‘n persoon wat hierbo genoem is, mag nie deelneem nie.
  5. InRat behou die reg voor om onderhoude met wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer. Pryswenners sal in InRat aangekondig word.
  6. Indien wetgewing of verandering aan wetgewing dit vereis, sal InRat die reg voorbehou om hierdie promosie onmiddellik en sonder kennisgewing te beëindig. In die geyal van sodanige beëindiging, stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen InRat, sy agente of borge sal indien nie.
  7. Produkpryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  8. InRat aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige belastingverpligtinge voortspruitend uit die aanvaarding van pryse nie. Onafhanklike finansiële advies behoort vir sodanige doel ingewin te word.
  9. InRat kan nie verantwoordelik genou word vir enige onvoorsiene onkoste rondom die aanvaarding van ‘n prys buiten dit wat in die kompetisie gestipuleer word nie.
  10. Alle deelnemers vrywaar Media24/InRat, sowel as die borge en agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is, van alle skade en/of koste voortspruitend uit eise wat die deelnemer mag hê of opdoen deur deelname aan die kompetisie en/of die benutting van
    die pryse.
  11. Die beslissing van die redakteur van InRat oor enige geskil in verband met die spel en pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  12. Indien enige persoon wie se naam geldig getrek is jonger as 18 jaar is, sal die prys aan daardie persoon se ouer of voog toegeken word.
  13. Die kompetisie sluit op 30 November 2014 om middernag.
  14. Die wenners van die hoofpryse sal deur ‘n elektroniese of lukrake prystrekking bepaal word. Die wenners sal telefonies in kennis gestel word en hulle name, en moontlik ook foto’s, sal in InRat/Rapport gepubliseer word.

Hilux

css.php