Nuwe Quattroporte het turbo-Ferrari-krag

’n Nuwe Maserati verskyn nie aldag nie en so ’n gebeurtenis is dus spesiaal. Maar die kar sal ook deksels spesiaal moet wees om met motors soos die S-Klas Merc en BMW 7 mee te ding. InRat is na ’n nat Nice op die Franse Suidkus om die nuwe Quattroporte, Maserati se sportiewe limousine, te bestuur.
Photobucket

Photobucket

Photobucket
Voor ons inklim, moet jy die volgende van die nuweling weet.
Pleks van Quattroporte 5 se 4.25 liter en 4.7 liter V8-enjins het Quattroporte 6 ’n kleiner V8 met ’n silinderinhoud van 3.8 liter of ’n V6 van net 3.0 liter. Dié enjins word deur Ferrari vir Maserati gebou. Elkeen van hulle is met twee turboaanjaers toegerus sodat die nuwe Quattrporte nie net kragtiger en vinniger as sy voorganger is nie, maar ook meer brandstofdoeltreffend. Só kragtig dat die V8-variant 307 km/h kan haal en onder ideale toestande slegs 4.7 sekondes vir die 0-100 km/h-lopie benodig. (285 km/h en 4.9 s vir die V6). Nog iets wat noemenswaardig is, is dat een van die V6-variante al vier sy wiele kan aandryf op soortgelyke wyse as Audi se Quattro’s. Terloops, Quattroporte beteken “vierdeur” en het niks met die aandrywingstelsel te maak soos by Audi waar “Quattro” na vierwielaandrywing verwys nie. Anders as Audi Quattro’s, wat die enjinkrag gewoonlik na die voorwiele gelei totdat hulle gly, dryf die Maserati se enjin gewoonweg die agterwiele aan, totdat hulle klei trap en die voorwiele dan aan die werk spring. (Die 4×4-variant sal aanvanklik nie na Suid-Afrika kom nie.)
Photobucket

Photobucket
Die nuwe Maserati is nie net kragtiger nie, maar ook groter, wat meer ruimte aan despote verskaf om hul pote vorentoe te strek. Andrea, wat 1.7 m lank is, is heeltemal verdwerg agter in die motor en sy sê dat daar kilometers beenruimte is. Sy sê verder dat die gehalte van die materiale binne selfs beter as die Mercedes SL 65 AMG is en dat die agtersitplekke ’n mens omvou asof jy in ’n kokon is. Die Bowers and Wilkins-klankstelsel is fenomenaal, voeg sy by.
Photobucket

Photobucket

Photobucket
En die bestuurservaring? Andrea sê sy hou daarvan dat die versneller-reaksie en suspensie afsonderlik verstelbaar is, sodat die bestuurder sportiewe reaksie kan geniet, selfs op swakker padoppervlakke waar die bestuurder ’n sagter suspensieverstelling sal verkies.
Photobucket
Vir ’n groot kar voel die Quattroporte baie rats, sê sy, maar Nice en omgewing se paaie was sopnat en baie besig. “Ek kan dus nie sê hoe die kar reageer as ’n mens hom na die uiterste van sy vermoeëns vat nie.” InRat sal hopelik later in 2013 die kans kry om dit te doen, wanneer die kar in Suid-Afrika aankom.
Photobucket

Artikel deur Justus Visagie

1 Comment responses

  1. Avatar
    July 09, 2013

    Ek sal graag die outjie wil hoor!

Leave a comment

css.php